Kry jy krag van ESKOM af? Ja? Dan moet jy die lees!
Dit het onder ons aandag gekom dat kliënte by Eskom wat op die “Home Power Rate” is geen netwerk of dienste gelde betaal nie, ongeag die feit dat hul ook op kleinhoewes woon. Dus word die netwerk deur diegene wat op die sogenaamde “Landrate” is gesubsidieer. Ons het op aanbeveling van ‘n burgerregte organisasie 'n forum gestig wat hul misnoeë wil uitspreek oor dié beginsel van Eskom. Ons wil nie diegene wat reeds op “HOME POWER RATE” is benadeel nie, maar ons wil hul verseker ook nie subsidieer en/of ons self benadeel nie. Dit is ons strewe om gelyke regte/behandeling vir almal te bekom waar almal volgens ‘n eenvormige beginsel betaal.
Ons wil graag alle ESKOM kliënte uit nooi om by hierdie forum aan te sluit en hul bydrae te lewer oor hoe ons die probleem die hoof kan bied. Daar is geen koste hieraan verbonde om aan te sluit nie. Dis bloot 'n wyse waardeur 'n belangegroep hul mening lig om die pad vorentoe te beplan, en aksies indien nodig te ko-ordineer.
Gaan kyk na jou rekening , net onder jou meter lesing net regs van jou "PREMISE ID NUMBER" is "TARIFF NAME". As daar staan Land Rate 1,2,3 betaal jy tussen R600 en R800 meer per maand op jou rekening. Daar kan dalk nog ander tariewe ook wees, ons het dit op Eskom se webwerf probeer kry maar self met die hulp van kliëntediens kon ons dit nie opspoor nie.
Om diegene wat nie internet toegang het nie, nie in die skadu te laat nie, versoek ons vir die wat wel internet toegang het om hul op hoogte van sake te hou.
Ek wil u amper verseker dat ESKOM die feite stellings in die e-pos sal afmaak as bog, ek verseker jul egter dat dit nie is nie!
Stuur asb die e-pos aan almal wat hierby kan baat vind.
Die web adres is:
www.evf.co.za (Energie Verbruikers Forum) Sluit aan ons het jou nodig!
Dankie
Die Kantoor
Energie Verbruikers Forum
Fax 0866622555
e-pos:
admin@evf.co.za
Did you like this article? Share it with your favourite social network.