FIGHT HIGH TOLL FEES -
www.tollgatepetition.org.za
Dear Fellow Petitioner
Thank you for supporting our campaign against the high toll tariff fees. Currently the petition stands at 120 000 signatories.
We hereby wish to give you a brief update on the status of the matter:
* The Minister of Transport has halted the implementation of the unreasonable fee structure as proposed by SANRAL due to the pressure placed on him by this petition, the press and the public at large. While this is a temporary victory we must not trust the government's new position of renewed consultation as they might just want to wait until the election in May is over before they implement the fees again. Therefore, we must continue placing pressure on the authorities and ask that you make this e-mail go viral so that more people can sign our petition at
www.tollgatepetition.org.za.
* We are currently working with a few economists to make submissions to the Minister of Transport on the reasonableness of our proposed 5c per km tariff. Furthermore, we will submit this petition to the Minister upon our meeting with him. While we asked for support of at least 100 000 signatories, we have thanks to your diligent support breached that threshold. The more support we get, the more we can achieve by way of placing pressure on the authorities. Therefore, we would like you to assist us to push this petition into the 200 000 number. So please send this on to those who have not signed before.
* Lastly, we have information at our disposal that indicates that the Gauteng Open Road Toll System might have been adopted irregularly and we are consulting with our legal team to possibly take this flawed system to court and have its implementation set aside. In this regard we would appreciate any donations to our legal fund to the amount of R15 by typing "Toll" and sending a sms to 39004.
We will keep you updated on any progress made.
Kindly also remember to make sure that you are registered to vote. See the attached pamphlet regarding this coming weekend's registration opportunity.
At your service.
Adv Anton Alberts
FF PLus Member of Parliament: Transport
STRY TEEN HOE TOLTARIEWE -
www.tolhekpetisie.org.za
Beste Mede-Petisie Ondertekenaar
Baie dankie vir jou ondersteuning van ons petisie teen onredelike tolhektariewe. Op die oomblik staan ons petisie op 120 000 tekenare.
Ons wil graag hiermee vir jou 'n kort verslag gee aangaande die saak:
* Die minister van vervoer het die implementering van die onredelike tariewestruktuur ,soos voorgestel deur SANPAB/SANRAL, tydelik gestaak as gevolg van die druk wat op hom geplaas is deur hierdie petisieveldtog, die pers en die algemene publiek. Alhoewel hierdie 'n tydelike oorwinning is, moet ons nie die regering vertrou met hulle nuwe posisie dat hulle weer wil konsulteer nie aangesien hulle bloot kan wag tot die plaaslike verkiesing in Mei verby is om dan net weer die tariewe te implementeer. Daarom moet ons steeds druk op die owerhede plaas en vra derhalwe dat hierdie e-pos aangestuur sal word sodat meer mense die petisie kan teken by
www.tolhekpetisie.org.za.
* Ons werk op die oomblik saam met 'n paar ekonome ten einde voorleggings aan die minister van vervoer te maak wat wys waarom ons voorgestelde 5c per km redelik is. Ons sal verder dan ook hierdie petisie aan die minister gee tydens ons vergadering met hom. Ons het aanvanklik gevra vir 100 000 handtekeninge, maar danksy jou ondersteuning het ons baie meer gekry. Dit is dan ook so dat hoe meer ondersteuning gekry word hoe meer druk kan mens op die owerhede plaas. Daarom wil ons vra dat jy ons weer sal help om hierdie keer die petisie na 200 000 ondertekenare op te stoot. Dit sal dus gaaf wees indien jy die e-pos sal aanstuur na diegene wat nog nie petisie onderteken het nie.
* Laastens, wil ons aankondig dat ons inligting gekry het wat daarop dui dat die Gautengse Ooppad Tolhekstelsel moontlik onreelmatig aangeneem is en ons konsulteer op die oomblik met ons regspan om moontlik die tolhekstelsel in die hof tersyde te laat stel. In hierdie verband sal ons ook jou finansiele steun tot ons regsfonds waardeer deur 'n sms ter waarde van R15 aan ons te stuur. Tik die woord "Tolhek" en stuur asseblief die sms na 39004.
Ons sal jou op hoogte hou van enige vordering.
Onthou ook asb om seker te maak dat jy geregistreer is om te stem. Sien die aangehegte pamflet rakende die komende naweek se registrasie geleentheid.
Tot jou diens.
Adv Anton Alberts
VF Plus Parlementslid: Vervoer
Did you like this article? Share it with your favourite social network.