Hi.
My seun werk vir 'n IT besigheid en is aangestel op 'n kommissie basis (geen vaste salaris nie).
Hy is 18.04.2017 aangestel as Senior Sales Consultant met kommissie van 20% op total retail sales(TRS) en 10% op total bulk sales(TBS).
1)Die besiheidheid trek koerierkoste en BTW af van die verkope, voordat hul sy kommissie uitwerk. Is dit reg?
2)Op sy kontrak noem hul net die kommissie op Total Retail Sales en Total Bulk Sales - beteken dit dat die BTW afgetrek moet word voordat die
TRS en TBS bedrag bepaal word? En die aftrekking van koerierkoste word nerens genoem nie.
3)Ongeveer Oktober het hul gese dat hul 'n fout begaan het en sy kommissies verander.
4)Dit is nou so: onder R100 000.00 10% TRS en 5% TBS.
Oor R100 000.00 15% TRS en 7% TBS.
Oor R200 000.00 20% TRS en 10% TBS.
Mag 'n besigheid dit doen? Hy sukkel regtig nou om sy maandelikse aftrekking bv. woonstelhuur, polis en versekering te betaal.
5) Die besiheid het toegemaak van 22 Desember tot 2de Januarie 2018 dus kon hy net kommissie verdien tot 22 Desember. Met die gevolg hy
kon n paar sy maandelikse verpligtinge nie bekostig nie.
6)Die R100 000.00 en R200 000.00 targets het BTW ingesluit - hul verander dit nou na verkope minus BTW = Target bedrag.
6)As n persoon op 'n kommissie alleen basis aangestel is, kan die persoon dit nie bekostig om verlof te neem nie?

Ek sal bitter bly wees indien u kan help met ons vrae voordat hy met sy werkgewer gaan gesels.

Baie dankie.

Louise Steenkamp