Die legende van die mier in die sprinkaan...

Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk
veld gewoon. Gedurende die somer het die mier dag en nag gewerk
todat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende
winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut
sou wees gedurende die lang, koue maande.

Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras
gevreet waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang
tot paring in hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste
maat bevredig.

Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras
laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad
nie,
terwyl die sprinkaan - wat hom nie op die winter voorberei het
nie -
van honger en ontbering omgekom en 'n horde klein sprinkaantjies sonder
kos of skuiling agtergelaat.

Die legende leer mens dus om hard te werk sodat jy vir jouself en
jou kroos kan sorg.

DIE SUID AFRIKAANSE WEERGAWE
Die eerste deel van die storie is dieselfde, maar omdat dit in
Suid-Afrika afspeel, eindig dit nie daar nie....

Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil weet
hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees,
terwyl hulle reg langsaan in die allerhaaglikste omstandighede
sonder kos en klere moet leef.

'n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van
die mier in sy gerieflike huis met 'n spens vol kos - en die wêreld
is stomgeslaan.
"Hoe is dit moontlik?" vra hulle, "...Moontlik vir die mier om in
soveel weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme
sprinkane so ly?"

In 'n oogwink is SASU - die Suid Afrikaanse Sprinkaan Unie -
gestig. Hulle kla die mier aan van "spesie diskriminasie" en beweer
dat die sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen
onderdrukking.
Hulle loods 'n protesoptog voor die mier se huis en breek omtrent
die hele straat af.

Tydens 'n Televisie-onderhoud se hulle almal dat indien daar nie
gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot
kriminele lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span
se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.

Die GHK - Gryp en Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag
deur te sê dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie
teenoor en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die
miere die
sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle hulle aangedoen het
en dat hulle die sprinkane vergoed vir alles wat nog ooit deur die
geskiedenis aan 'n sprinkaan gedoen is.

GATSAK - Goed-Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding -
verklaar dat hulle 'n heilige oorlog teen miere begin. Die
President verskyn op die sewe-uur nuus en sê dat hy alles in sy vermoë
gaan
doen vir die sprinkane -- die sprinkane wat hulle verdiende
welvaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer.

Die Regering plaas EEVA [Ekonomiese Egalisasie van
Agtergeblewendes ]
op die wetboeke terugwerkend tot aan die begin van die somer. Die
mier word beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens het
nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te
betaal nie,
vat die staat sy huis vir herverdeling. Die verhaal eindig waar die
sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die
staatshuis waarin hy bly wat net toevallig die mier se gewese tuiste is
rondom
hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en
eerlikwaar ook glad nie omgee nie.

Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier
gesteel het sien die sprinkaan die president voor 'n klomp wilde,
dansende en luid-singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe era van
"gelykheid" op die veld aangebreek het.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie want hy is
histories
deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel -
drie in baie senior posisies met byvoordele om die gras in te samel
voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate
lewer nie,
die sprinkane werk net twee ure per dag net op die dae waarop hulle opdaag
vir werk en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd
geoes het.

Dan is dit weer winter, en te min gras is geoes. En die sprinkane
staak en eis 'n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop - kos wat nou
ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie
veld kan produseer nie.

Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe waar hy 'n hoogs
suksesvolle voedselmaatskappy begin en 'n miljoenêr word deur kos uit te voer na sy ou veld toe...


(EN OM ALLES TE KROON, VRA DIE PRESIDENT VAN DIE OU VELD NOU VIR AL DIE
MIERE WAT GE-EMIGREER HET MET AL HUL KENNIS EN HARDWERKENDE GEWOONTES
OM TERUG TE KOM SODAT HULLE, MET MINDER VOORDELE, ONDER DIE SPRINKANE
KAN WERK, AL DIE GRAS INSAMEL VIR DIE SPRINKANE, MAAR GEEN AANSPRAAK
DAAROP HET NIE.)