The Forum SA  
Let's talk business HomeForumWikiLinks  

Home Forums Wiki Links Articles News Headlines Newsletters
Go Back   The Forum SA > Forum > Social Category > Jokes Forum

Notices

1st Day at school... (afrikaans)

Die eksentrieke ouers stuur hul oudste kind van 4 vir die eerste keer skool toe. Sy naam is "Wiel". Die eerste dag vra die onderwyseres elke outjie...

Google
Reply
 
Thread Tools Display Modes
Old 20-Jul-06, 02:23 PM   #1
Chris B
Full Member
 
Chris B's Avatar
 
Join Date: May 2006
Location: Durban, KZN
Posts: 78
Thanks: 0
Thanked 1 Time in 1 Post
Rep Power: 0
Chris B has started well
1st Day at school... (afrikaans)

Die eksentrieke ouers stuur hul oudste kind van 4 vir die eerste keer skool
toe. Sy naam is "Wiel".
Die eerste dag vra die onderwyseres elke outjie se naam. Dis Sannie en
Jannie en Pietie en Martie en dies meer. Sy kom by Wiel en toe sy hom vra,
sê hy sy naam is "Wiel".
Die juffrou help hom mooi reg en se, "Seuntjie, juffrou wil jou regte
naampie hê, nie jou noemnaampie nie, hoor!"
Weer sê hy, " Dis Wiel, juffrou."
Sy sê,"Nee, sê vir juffrou wat is jou naam waarmee jy gedoop is, nie die
naampie wat mamma en pappa jou noem nie".

"Dis Wiel juffrou", sê hy.

Teen die tyd is juffrou al vies en sy sê hy moet vir haar wag pouse.

Toe pouse kom is sy al heeltemal opgestress met al die nuwe kleuters om
haar. Sy is toe sommer heel kwaai met Wiel en se vir hom, "As jy nie vir
juffrou jou regte naam wil sê nie, dan vat ek jou kantoor toe sodat die
skoolhoof met jou sake kan werk."
Die arme outjie hou vol sy naam is Wiel. Sy vat hom toe kantoor toe.

Die skoolhoof ('n kwaai een) vra ook sommer dadelik en bulderend,
"Mannetjie, wat is jou naam, en as jy my nie dadelik jou regte naam gee nie,
foeter ek jou!!"

Teen die tyd begin ou Wiel al huil en weereens sê hy, "Dis Wiel meneer!"

Die skoolhoof gryp hom aan sy nek en gee hom ses van die bestes met die
boodskap dat hy sy regte naam by sy ouers moet kry en dit more vir die hoof
moet kom vertel, anders kry hy weer pakslae.

Later die middag stap Wiel huis toe, baie bekommerd oor wat hom nou te doen
staan.

So 'n ent van die huis af kom sy boetie wat nog nie in die skool is hom
tegemoet gehardloop. Hy is erg nuuskierig en wil net weet hoe was sy eerste
dag by die skool.

Wiel kyk sy boetie so op en af en sê, "Pispot, O Here!! vir jou moer hulle
morsdood."

Chris B is offline   Reply With Quote


Old 20-Jul-06, 03:43 PM   #2
AndreMorgenrood
Suspended
 
AndreMorgenrood's Avatar
 
Join Date: May 2006
Location: Umhlanga Rocks
Posts: 34
Thanks: 0
Thanked 0 Times in 0 Posts
Rep Power: 0
AndreMorgenrood is an unknown quantity at this point
Oh man, that was good. Thanks Chris, I've got tears in my eyes
AndreMorgenrood is offline   Reply With Quote
Reply

Did you like this article? Share it with your favourite social network.

Thread Tools
Display Modes

Similar Threads
Thread Thread Starter Forum Replies Last Post
Proudly South-African. (Afrikaans) Chris B General Business Forum 0 19-Jul-06 04:08 PM
Where government money should be going. Dave A General Business Forum 1 20-Jun-06 08:41 PM



All times are GMT +2. The time now is 04:19 AM.


Powered by vBulletin® Version 3.8.5
Copyright ©2000 - 2010, Jelsoft Enterprises Ltd.
Copyright © 2006 - 2010 The Forum SA.
Content published under the Creative Commons (by-nc-sa) licence except where indicated otherwise.
Content may not be republished for commercial gain without written permission from The Forum SA.
All content is subject to this general disclaimer notice.

South Africa's Top Sites